Waterfront Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Waterfront is 'n luukse gastehuis met lugversorging wat geskik is vir selfsorgverblyf. Dit is op die waterfront in die Port Owen Marina aan die Kaapse Weskus.

Dié 5-ster verblyf beskik oor 3 slaapkamers, elk met 'n koninggrootte-bed met ekstra lengte en 'n en suite-badkamer. Twee van die badkamers het 'n spa-bad. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en hul eie badkamers. Eetgerei, breekware, handdoeke en linne word voorsien. Die braai-area het 'n gasbraai en 'n houtbraai. Die eenheid spog met 'n volledig toegeruste kombuis met 'n kookblad, oonde, skottelgoedwassers, 'n mikrogolfoond en wasgoedgeriewe.

Daar is ook 'n pizza-oond vir gaste om te benut. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar vir gaste, asook 'n onderdak, privaat ankerplek vir gaste se bote. Groot groepe is welkom, asook kinders. Gaste moet asb. die instansie in kennis stel indien hulle hul troeteldiere wil saambring.

Ons is 90 minute se ry van Kaapstad af en in 'n wêreldbekende marine-vleiland geleë wat uitkyk oor die helder water van die Atlantiese Oseaan en die manjifieke Bergrivier. Die Waterfront Gastehuis het voorwaar 'n unieke ligging. Voëlliefhebbers sal hier 'n uitstekende voëlkyk-ervaring kan geniet. Vir kranige vissermanne is daar natuurlik geleenthede vir diepseevisvang, kusvisvang en riviervisvang. Ander doendinge soos vierwielmotorfietsritte, 4x4-roetes, walvis- en dolfynkyk, pragtige blomme in die lente en baie geskiedkundige plekke om te besoek, maak van ons 'n droom-vakansiebestemming.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterfront Guesthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Elektriese kombers
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterfront Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 800 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za