Waterfront Stays 102

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterfront Stays 102 is 'n luukse woonstel in die Altmore-kompleks reg langs die water in die hartjie van die V&A Waterfront in Kaapstad. Die Altmore-kompleks is tussen die 5-ster-hotel, The One and Only, en die Cape Grace Hotel - die beste ligging in Kaapstad!

Die luukse woonstel se interieur weerspieël 'n tikkie Afrika en jy sal sommer onmiddellik tuis voel wanneer jy daar instap. Die landgoed het streng sekuriteitsmaatreëls en dus is die woonstel uiters veilig. Daar is pragtige privaat paadjies al langs die water na winkels en restaurante.

Waterfront Stays 102 bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders, en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, eetarea en leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort-oor-bad.

Die kombuis is toegerus met 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, oond, stoof en mikrogolf. Die sitkamer het 2 slaapbanke, 'n plasma-TV met DStv, 'n DVD-speler en onbeperkte WiFi. Die groot stoep het sonstoele, 'n etenstafel vir 6 gaste en 'n lieflike uitsig oor die kanaal en Cape Grace.

Die woonstelle word 1 maal per week skoongemaak en addisionele skoonmaakdienste kan gereël word. Daar is 4 swembaddens by die gimnasium waarvan gaste teen 'n minimale fooi gebruik kan maak. Kelderparkeerplek met direkte toegang tot die gebou is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterfront Stays 102 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterfront Stays 102 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za