Waterkant 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterkant 2 bied lieflike verblyf op die strand en is stapafstand vanaf Jeffreysbaai se wêreldberoemde branderry-bestemmings.

Twee eenhede is beskikbaar. Die eerste eenheid, Alpha, het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers en het 2 badkamers. Die tweede eenheid, Omega, het slaapplek vir 4/5 gaste in 2 slaapkamers en het 1 badkamer.

Die woonstel is volledig vir selfsorg toegerus, en bied slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is 2 badkamers. Die oopplan-ontwerp skep 'n ontspanne atmosfeer. Die branders wat 50 m van jou voordeur af breek, sal jou telkens herinner dat jy op die strand vakansie hou. Hier kan jy visvang, branderplank ry, in die son baai of 'n vuur aansteek en agteroor sit by die buitebraai. Ander kombuistoerusting sluit 'n gasstoof, konveksie-oondjie en mikrogolfoond in. Beddegoed, handdoeke, eetgerei en breekware word voorsien.

DStv, WiFi-kuberkol en veilige parkeerplek is op die perseel is beskikbaar. Let daarop dat daar 26 trappe is wat lei na die eenheid en dit kan toegang moeilik maak vir bejaardes. Omega, op die boonste verdieping het 'n dupleks-ontwerp, so daar is 'n stel trappe tussen die sit- / kombuisarea, en die slaapkamers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterkant 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za