Waterloo Guest House
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterloo-weg 3, Westville, Durban, 3629, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Waterloo Guest House is in die stil, boomryke woonbuurt Westville, op 'n heuwel met uitsigte oor die see én die binneland. Die gastehuis is naby verskeie winkels, restaurante, kitskosrestaurante en supermarkte. Westville is baie sentraal en daar is talle snelweë en hoofpaaie wat maklike bereikbaar is om na die noord- en suidkus, Durban en sy strande, asook die binneland toe te gaan.
Verblyf word in die Gesinseenheid aangebied wat 'n privaat ingang het en geskik is vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die eenheid het 2 slaapkamers, 1 en suite-badkamer in die hoofslaapamer wat deur al die gaste gebruik word, en 'n sitarea. Belangrik: Dit beteken dat gaste in die tweede slaapkamer en leefarea deur die hoofslaapkamer sal moet stap om die enigste badkamer te kan gebruik.
Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die slaapkamers het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en perkallinne. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 kinders, 'n tafel met sitplek vir 4 gaste, en dit is met 'n broodrooster, yskassie, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.
Gaste is welkom om in die swembad of langs die ruim tuin met vrylopende skilpaaie te ontspan. Daar is 'n Weber en braaitoerusting vir gaste se gebruik en daar is ook sitplek by die swembad.
Die buiteligte doof om 22:00 en daarna word gaste gevra om geraas asb. tot 'n minimum te hou.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Opsomming van Resensie
Ligging
- Waterloo-weg 3, Westville, Durban, 3629, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Waterloo Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Westville Dawncliffe Durban West Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Waterloo-weg 3, Westville, Durban, 3629, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom