Waterview House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterview House is 'n pragtige selfsorghuis in 'n veilige, luukse wildlandgoed op die oewer van die Witbankdam in Emalahleni. Die huis het slaapplek vir 14 gaste en luisterryke uitsigte oor die dam en op die omliggende berge en platorand. Daar is 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer, oopplan-braaiplek, ontspanningsareas, onderdakparkeerplek vir 6 motors en nog parkeerplek buite.

Die dam is ideaal vir visvang en watersport: Bring net jou eie boot of kano. Verder is daar 'n Jacuzzi, pooltafel en tafeltennis. Geen gevaarlike diere kom voor op die landgoed nie, so dit is ideaal vir natuurliefhebbers. Sebras, swartwildebeeste, blesbokke, rooihartbeeste en waterbokke loop vry rond op die landgoed. Voëlkykers is mal oor Waterview House en die diverse fauna en flora kan besigtig word vanuit jou eie motor, bergfiets of vierwielmotorfiets.

Die rustigheid van hierdie wildreservaat beperk glad nie jou toegang tot die moderne geriewe in die nabygeleë dorp nie. Daar is 'n gholfbaan (18 putjies) net 'n entjie van die N4-hoofweg af. Die Highveld Mall en The Ridge Casino bied ook hope vermaak, soos kegelbal speel, flimteaters, winkels en restaurante.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterview House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za