LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wernich Landgoed | LekkeSlaap
+34

Wernich Landgoed

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Plaas 227 Buffelsdrift, Glentana, George, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Wernich Landgoed is op 'n prentjiemooi plaas 15 km buite George en 5 km vanaf Glentana-strand. Die plaas is sentraal geleë naby hoofweë, verskeie besienswaardighede en ander dorpe. Dis die ideale basis waarvandaan gaste die Tuinroete kan verken.

Verblyf word in 3 selfsorg-eenhede aangebied. Elkeen het 'n pragtige uitsig oor die plaas en op die berge. Elke eenheid bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers. Al die hoofslaapkamers het koningingrootte-beddens en die ander slaapkamers het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Daar is 'n kombuis met 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond in elke eenheid. Die leefareas het elkeen 'n knus sitkamerstel, TV en 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste. Elke eenheid bied toegang tot 'n privaat balkon of 'n stoep met 'n uitsig oor die plaas en omgewing. Braaigeriewe is buite elke eenheid beskikbaar.

Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit in Redberry Farm waar besoekers kan gaan aarbeie pluk en wynproe, Garden Route Mall, verskeie restaurante en strande.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Wernich Landgoed
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hoofweg, Plaas 227 Buffelsdrift, Glentana, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wernich Landgoed het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Plaas 227 Buffelsdrift, Glentana, George, 6530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA859b761559b574c9198ed1f9c830955c3f16a272eff0fb7c62ffdd1e632cc7ce46de1981e20dbfaf4e148f5d21996853f476?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 Main Road Farm 227 Buffelsdrift, Glentana 6530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.024584133371 22.316869466782
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!