Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Weskus Grotjie

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Weskus Grotjie skuil in 'n rotsblok op die plaas Steenbokfontein net 8 km buite die rustige dorpie Lambertsbaai. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat smag na 'n stil, salige wegbreek.

Die oopplan-eenheid het 'n slaaparea, kombuisie, etenstafeltjie en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 'n unieke koningingrootte-bed wat aan mekaar geslaan is uit die hout van die Sybille, 'n kanonneerboot wat in 1901 op die kus uitgespoel het. Die badkamer het lieflike uitsigte oor die plaas en die oseaan in die verte. Die badkamer het 'n groot bad en 'n stort wat uit die rots gesny is. Al die nodige linne, badhanddoeke en Rooibos-seep word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstofie, oondjie, yskas, ketel, breekware en eetgerei. En die veranda het 'n buitetafel met bankies en 'n braaidrom op wiele, asook 'n uitsig oor die plaas en die see in die verte. Onthou asb. om genoeg hout en kruideniersware saam te bring, die naaste dorp is 8 km van hier af.

Let asb. daarop dat dit 'n wegbreek is van die stadsgejaag met 'n unieke uitsig oor die see. Die gedruis van die branders, voëls, mak skape en vars lug omring jou. Ons het nie 'n TV in dié eenheid nie en is dus ideaal vir ontspan en om tyd saam met jou geliefde te spandeer.

Die plaas het unieke geskiedkundige grotte. Stap gerus op die plaas en ontdek die pragtige plante en diere.

Ons vra gaste om asb. water en elektrisiteit spaarsaam te gebruik aangesien ons die plaas omgewingsvriendelik wil hou. Ons vra ook dat gaste nie rommel sal strooi op die plaas of in die natuur nie. Hanteer asb. die meubels en beddegoed met respek. Moet asb. nie die kerse op die rotse plaas nie, maar plaas dit in die lanterns.

Weskus Grotjie streef om die natuurskoon, sterre en plaaslewe te handhaaf en gaste word aangemoedig om die natuur en plaaslewe se ongereptheid te bewaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Weskus Grotjie sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 129 resensies vir Weskus Grotjie
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Weskus Grotjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Plaas, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5MWJhZjVhLTI4NWUtNDk3Ni05YmM5LTQ4NzE5NTU5YmIzMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) 129 5 1 5 Steenbokfontein Farm Lamberts Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.166640162144 18.331601618774