Weskus Quarry
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenbokfontein, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Weskus Quary is op ’n privaat perseel op Steenbokfonteinplaas sowat 8 km vanaf Lambertsbaai geleë. Daar is talle grotte, rotstekeninge en argeologiese terreine in die omgewing. Dit is ideaal vir ’n kort wegbreek om 'n bietjie asem te skep.
Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede met ’n gemeenskaplike badkamer en kombuis. Die kombuis is toegerus met ’n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, potte, panne, eetgerei en breekware. Let asb. dat Weskus Quarry slegs hierdie basiese geriewe op die perseel voorsien. Die badkamer het 2 storte en 2 toilette. Onthou asb. jou eie toiletware. Die kampterrein is selfsorg. Veilige parkeerplek word by die tente voorsien. Basiese beddegoed is by die tarief ingesluit.
Verskeie voëlspesies, skilpaaie en bokkies is op die plaas te sien. Daar is ook 'n voetpaadjie na die strand.
Kitta Burger's Plaaskombuis restaurant is naby waar gaste ’n plaasontbyt, middagete of aandete op versoek kan geniet. Piekniekmandjies is ook beskikbaar op versoek en word dan by jou tent afgelewer. Die Quarry is 'n privaat kampterrein op die plaas waar die rustigheid van die natuur bewaar en gevier word. Moet asb. nie van die plaaspad afwyk nie aangesien jy kan vasval of oor die plante kan ry. Weskus Quarry het ook 'n privaat strand op die plaas, maar moet asb. nie op die strand ry nie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Steenbokfontein, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Gaste dink Weskus Quarry het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lambertsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Steenbokfontein, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom