De Kelders Akkommodasie by Whale Cove B106 | LekkeSlaap
+11
+11

Whale Cove B106

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guthrie-straat 2, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Whale Cove B106 is 'n smaakvol gemeubileerde woonstel in Blok BB, 'n gedeelte van die eksklusiewe Whale Cove-ontwikkeling in die prentjiemooi kusdorp De Kelders. Dit bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n klein gesin of groep vriende. Die woonstel is naby verskeie winkels en restaurante en is net 2 minute se stap vanaf die kranse met uitsigte oor die see, berge en Walkerbaai Natuurreservaat.

Die verblyf beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetkamer, -TV-kamer asook 'n stoep.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens en 'n volledige badkamer het.

Die kombuis is toegerus met alles wat gaste vir selfsorg sal benodig en die eetkamer het genoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Daar is ook gemaklike sitplek in die sitkamer met 'n TV met DStv.

Hierdie woonstel is op die eerste verdieping geleë en front noord. Daar is 'n groot balkon met toegang tot die sitkamer en hoofslaapkamer. Gaste kan gedeeltelike see-uitsigte uit die sitkamer, hoofslaapkamer en van die balkon af bewonder.

Ter wille van sekuriteit is daar diefwering voor al die oopmaak vensters en 'n veiligheidshek by die voordeur. Daar is een veilige skadunetparkeerplek beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Whale Cove B106 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Whale Cove B106
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Guthrie-straat 2, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Whale Cove B106 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guthrie-straat 2, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAccdQjTeia83yRUZEkFjcoNScnxFYwnmYpGSUkT7rHvSYSvh8bW?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 4 persone) 3 5 1 5 2 Guthrie Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.555233200885 19.3652741611
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za