Whale of a Time

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Whale of a Time is in Gansbaai geleë, en het slaapplek vir 2 gaste. Die strand is minder as n kilometer van die eenheid af. Dit het pragtige grasperke en is 'n veilige baaiplek, met geriewe wat gereeld gediens word.

Dié oopplan-eenheid is op die boonste verdieping geleë en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n eetkamertafel. Die leefarea bied toegang tot 'n groot privaat dek met 'n lieflike uitsig op die see waar die gaste heerlik kan ontspan en braai.

Let asb. daarop dat die eenheid bereik word via trappe, en is moontlik nie geskik vir bejaardes of gaste met gestremdhede nie. Die eenheid het nie 'n skoonmaakdiens nie.

Gansbaai het verskeie restaurante. Daar is ook verskeie doendinge en besienswaardighede soos Danger Point se vuurtoring, die Duiwelsgat- en fynbosvoetslaanroetes en haaihokduik. Kom kyk vanaf die dek hoe die walvisse baljaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Whale of a Time sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Whale Of A Time gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R540 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za