LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by White Aloe Guesthouse | LekkeSlaap
+27

White Aloe Guesthouse

3 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 43 Norite Pad, , Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

White Aloe Guesthouse is in 'n stil woonbuurt in die Helderkruin-gemeenskap in Roodepoort geleë. Dit is naby aan die Kloofendal Natuurreservaat en lekker naby winkelsentrums, besighede en restaurante geleë.

Die gastehuis bied gerieflike akkommodasie in 'n verskeidenheid en suite-kamers aan. Die verblyf is perfek vir sakereisigers én vakansiegangers. Elke kamer is smaakvol ingerig en ook kreatief vernoem na en geïnspireer deur een van die unieke, pragtige dorpies van Suid-Afrika. Die kamers beskik elkeen oor 'n yskassie met voorraad, koffie- en teemaakgeriewe en 'n versameling HD-satelliet-TV-kanale. Gaste kan ook uitsien na hartlike gasvryheid en smullekker ontbyte wat deur ons bekwame personeel voorberei word. Gaste is ook welkom om van die swembad gebruik te maak. Die swembad het 'n veiligheidsnet.

Nog 'n unieke kenmerk van White Aloe Guesthouse is dat dit ook 'n kunsgalery is! Die nasionale paaie is naby die gastehuis geleë om maklike toegang tot besienswaardighede in die omgewing te verseker. Ruimsig Atletiekstadion, Lanseria Lughawe, trou- en konferensie-venues, die Coca-Cola Dome, die Wieg van die Mensdom, Soccer City en die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuine is na aan ons geleë. Kyk uit vir Roodekrans se Witkruisarende wanneer jy in die area is.

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir White Aloe Guesthouse
Netheid
5.0/5
Diens
3.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • 43 Norite Pad, , Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Gaste dink White Aloe Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 43 Norite Pad, , Roodepoort, 1724, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwZDMwYWQzLTYxZWQtNDg2NC1hYzIwLWRjMDRiYWVjZGUzNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 43 Norite Road Wilropark 1724 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.116323096414 27.863834649324
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!