White Elephant Bush Camp & Umkhaya Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod

Ontvang 'n gratis 1 dag hengelkaart as u 3 nagte bespreek. Geldig vanaf 17 Apr 2019 tot 31 Des 2019.

Beskrywing

White Elephant Bush Camp & Umkhaya Cottage is in die Pongola Wildreservaat in die noordelike deel van Zululand naby die Swaziland-grens, geleë.

Die Bush Camp bied slaapplek vir 16 gaste in 7 grasdak-chalets, elkeen met 'n privaat stoep en 'n en suite-badkamer. Die gemeenskaplike area beskik oor 'n oopplan-kombuis, 'n eetkamer, 'n kroeg, swembad en uitsonderlike uitsigte van die dek af. Let asb. op dat die boskamptarief net verblyf insluit en as 'n eenheid bespreek word teen 'n minimum-daaglikse tarief vir 8. Ekstra kostes word gehef vir meer as 8 gaste. Kinders word toegelaat.

UmKhaya is 'n privaat grasdakkothuis met slaapplek vir 5 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander 3 enkelbeddens. Daar is ook 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -sitarea, 'n groot stoep en 'n braai-area. Dis stapafstand vanaf White Elephant Bush Camp. Dié kothuis kan apart of as deel van die Bush Camp bespreek word.

White Elephant bied aan gaste die ideale bestemming vir doendinge op die land en die water. Ons bied wildritte, staptogte, swart renoster-spoorsny, bootritte en kanovaartritte. Die Jozini-meer is vol tiervis en jy kan die ongerepte natuur bewonder terwyl jy lyn natmaak. Die area lyk baie soos die Kariba-meer in Zimbabwe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na White Elephant Bush Camp & Umkhaya Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 420 per nag (plek vir 4)

Ontvang 'n gratis 1 dag hengelkaart as u 3 nagte bespreek. Geldig vanaf 17 Apr 2019 tot 31 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za