Oos-Vrystaatse Hooglande Akkommodasie by Wild Horses Lodge | LekkeSlaap
+24

Wild Horses Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amanzi Amakhulu Estate, Sterkfonteindam, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wild Horses Lodge is geleë in die Noordelike Drakensberg in die Sterkfontein Natuurreservaat by die voorheuwels van die Drakensberg Platorand. As sulks is dit die ideale ligging vir 'n romantiese en luukse wegbreek. Die herberg het 'n panoramiese uitsig oor die majestueuse Platberge en die uitgestrekte Sterkfontein Dam en is 'n argitektoniese meesterstuk, gebou uit plaaslik gemynde sandsteen. Die herberg bied luukse akkommodasie, smullekker maaltye en 'n verskeidenheid aktiwiteite rondom die dam en die oorvloedige wildlewe van die reservaat en die berge.

Die klein, romantiese herberg beskik oor 4 ultra luukse kamers en word besit deur Jon en Trish Hawkins. Esmeralde en Van Heerden Haasbroek is die gasheer en gasvrou, wie persoonlike aandag en 'n warm Suid-Afrikaanse gasvryheid aan gaste bied.

Wild Horses is gerieflik geleë halfpad tussen Johannesburg en Durban en - Bloemfontein en slegs 40 km van Harrismith en naby aan verskeie oorde in die Drakensberge. Dit is die perfekte plek om jou liggaam en gees te vernuwe.

Ons onderneem om aan ons gaste 'n vreedsame omgewing en algehele privaatheid te bied en vir hierdie rede word kinders en troeteldiere ongelukkig nie geakkommodeer nie.

Die herberg bestaan uit 'n akkommodasie vleuel, 'n eetkamer wat oopmaak na- en uitloop op 'n groot stoep, 'n sitkamer met private biblioteek en 'n vol wynkelder! 'n Koi-dam, 'n randlose swembad, roostuin en pragtige ontwerperstuin is tot ons gaste se beskikking.

Akkommodasie word aangebied op 'n aandete, B&B-basis of die hele herberg kan gereserveer word vir privaat funksies.

Rook is verbode in die kamers, kroeg, gastehuis en eetkamer, soos dit die algemene gebruik is in Drakensberg akkommodasie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Wild Horses Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Amanzi Amakhulu Estate, Sterkfonteindam, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Wild Horses Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amanzi Amakhulu Estate, Sterkfonteindam, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNmM2YzNThkLWM3OWEtNDczMy04ZTRmLTA1NTRhNWJhNWIwNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 Amanzi Amakhulu Estate Sterkfontein Dam 9880 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.499131730134 28.990902900696
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za