Margate Akkommodasie by Wild Waters Holiday Accommodation | LekkeSlaap
+99

Wild Waters Holiday Accommodation

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 742 Coetzee Straat, , Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R323 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Wild Waters Holiday Accommodation is in Shelly Beach geleë. Ons bied skoon, gerieflike en bekostigbare verblyf aan gaste wat perfek is vir die somervakansie!

Wild Waters Holiday Accommodation bied 3 eenhede aan. Daar is 2 eenslaapkamerwoonstelle en 'n tweeslaapkamerwoonstel. Elke eenheid het 'n ten volle toegeruste kombuisie met 'n yskas, 'n oond, 'n stoof en 'n mikrogolfoond. Die eenhede het ook elkeen 'n TV en 'n DVD-speler. Daar is 'n DStv-koppelpunt beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder saambring. Elke eenheid het aparte braaigeriewe.

Daar is slaapplek vir 2 mense in 1 van die eenslaapkamerwoonstelle, maar daar kan 'n derde persoon op versoek slaap. Die woonstel beskik oor 'n dubbelbed, 'n slaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 mense en dit beskik oor 'n dubbelbed en 2 slaapbanke. Die en suite-badkamer beskik oor 'n stort. Die tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 6 tot 8 mense. Die woonstel beskik oor 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens, 'n stapelbed met slaapplek vir 2 en 2 dubbelslaapbanke. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die groot eiendom is beveilig met IR-strale en 'n alarm. Wild Waters Holiday Accommodation is 2 km van 2 groot winkelsentrums af. Gaste kan stap of ry na die strand, gaan visvang of gaan swem in die getypoel. Binne 'n 2 km-radius is daar ook 'n boot- of skeepshelling, 'n staproete in die natuur, skubaduikgeriewe en 'n restaurant.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 15 resensies vir Wild Waters Holiday Accommodation
Netheid
4.2/5
Diens
4.3/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • 742 Coetzee Straat, , Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Wild Waters Holiday Accommodation het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R323
per nag (plek vir 3)
Vanaf R323
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 742 Coetzee Straat, , Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGJ04o5roQvN1YKOELyuPdlGtLIIzlxzLyDc1jHTi4siA3P6oYr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R323  per nag (plek vir 3) 15 5 1 5 742 Coetzee Street Shelly Beach 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -30.79341 30.418382
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za