LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wildpear | LekkeSlaap
+33

Wildpear

20 resensies
Rugsakreisigerslosies
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dibberic-rylaan 8, Bassonia, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 R400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Wildpear bied gerieflike, sakpas, basiese selfsorgverblyf in 3 ongekunstelde eenhede met 'n industriële ontwerp in die voorstad Bassonia in die suide van Johannesburg. Die eiendom het 'n pragtige uitsig oor die omliggende natuurskoon. Die skoonmaakdiens vind op Maandae en Vrydae plaas en ekstra skoonmaakdienste kan gereël word.

Wildpear 1 is 'n eenheid op die boonste verdieping met slaapplek vir 2 gaste in 'n gerieflike, tog ongekunstelde eenheid. Daar is 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, sowel as 'n yskassie, ketel en mikrogolfoond.

Wildpear 2 is ook op die boonste verdieping en het slaapplek vir 2 gaste. Dit is ideaal vir langer verblyf of sakereise. Daar is 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n sitarea met 'n uitsig. Die kombuis het 'n yskassie, mikrogolfoond, wasbak, ketel en mini-oond en tweeplaatstoof. Die badkamer het 'n stort. Die sitarea kan in nog 'n slaapkamer met 'n dubbelbed omskep word.

Wildpear 3 het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers, elkeen met 'n dubbelbed, sowel as 'n stoep en 'n tuin. Een van die slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n oond, stoof, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, wasbak en 'n yskas toegerus. 'n Derde dubbelbed kan in die sitarea voorsien word. Die eenheid is ideaal vir langer verblyftydperke.

WiFi en parkeerplek is vir gaste beskikbaar. Wildpear is naby The Glen Winkelsentrum.

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 20 resensies vir Wildpear
Netheid
4.4/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Dibberic-rylaan 8, Bassonia, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Gaste dink Wildpear het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R500
Vanaf R400
per nag (vir 2 persone)
was R500
Vanaf R400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dibberic-rylaan 8, Bassonia, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGB9QMvqGbmdRZzKXDkbChtBJD7lFa66NLCsIuJjT2Yj4GxmD27?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R500, nou Vanaf R400  per nag (vir 2 persone) 20 5 1 5 8 Dibberic Drive Bassonia 2195 Gauteng 086 999 0018 15:00-19:00 11:00 -26.275773679735 28.06200667791
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!