Wildspan Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wildspan Accommodation is sowat 8 km vanaf Campbell en 110 km wes vanaf Kimberley op die N8 in die Noord-Kaap. Dit bied gehalte-verblyf vir gesinne, groep vriende of sakereisigers.

Die gasteplaas beskik oor 3 chalets.

Die Hunters Chalet het 4 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die derde en vierde slaapkamer het elk 'n driekwartbed. Daar is 2 badkamers. Die kombuis het 'n gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n ingeboude braai wat gaste kan benut en die eetarea en sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Gaste het ook toegang tot 'n patio met privaat braaigeriewe.

Die Gemsbok Chalet beskik oor 3 slaapkamers, waarvan een 'n dubbelbed het en die ander twee slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens. Die chalet het 1 badkamer. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ingeboude braai wat gaste kan benut. Die sitarea het gemaklike sitplek en gaste het toegang tot 'n patio met privaat braaigeriewe.

Die Springbok Chalet het 3 slaapkamers, waarvan 2 slaapkamers elk 1 driekwartbed het en een het 2 driekwartbeddens. Die chalet het 1 badkamer. Die kombuis het 'n gasstoof, yskas, vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetkamertafel met oorgenoeg sitplek en bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe.

Braairoosters is beskikbaar indien vooraf gereël.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wildspan Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false