Wilge Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Wilge Inn chalet is aan die banke van die Wilgerivier geleë, sowat 30 km noord-oos van Reitz op die plaas Mariashoek in die Oostelike Vrystaat. Die chalet het al die vereistes om 'n goeie nag se rus aan 'n moeë reisiger te bied of rustigheid en skoonheid vir iemand wat die batterye wil herlaai.

Dié chalet het 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Albei slaapkamers lei na 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n solderarea bo een van die slaapkamers waar addisionele matrasse geplaas kan word in 'n groter gesin dit verlang.

Daar is ook 'n sitkamer en 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaastoof, oondjie en 'n mikrogolfoond.

Die chalet het 'n onderdakstoep waar jy kan ontspan met 'n pragtige uitsig langs die Wilgerivier. 'n Ingeboude braai met charcoal/hout word met voorafreëling voorsien. 'n Braaipak word ook met voorafreëling voorien.

Die standaardtarief sluit ontbyt uit aangesien die chalet as selfsorgeenheid toegerus is. 'n Engelse ontbyt, wat by die plaashuis bedien word, kan wel vooraf deur besoekers gereël word. Dieselfde geld vir piekniek of braaipakke.

Die Wilge Inn voorsien meer as net akkommodasie; dit is 'n uitstekende bestemming vir 'n regte plaasvakansie waar jy 'n verskeidenheid voëls, plante, insekte, reptiele en klein soogdiere kan sien.

Stap met jou familie op die vele paadjies op die plaas en wys vir hulle die beeste en kalfies, skape en lammetjies, of sit op die banke van die Wilgerivier terwyl jy die skoonheid en rustigheid van die Oos-Vrystaat omgewing geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Wilge Inn sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 5 kinders
5 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wilge Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za