Willibar Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Willibar Guest Farm kyk uit oor die Magaliesberge en is in die Hartbeespoortdam-omgewing geleë. Ons bied gerieflike verblyf wat ideaal is vir diegene op soek na 'n naweekwegbreek of 'n kort vakansie in die rustige platteland met lieflike uitsigte. Willibar Guest Farm streef daarna om gasvrye en vriendelike diens in ’n ontspanne bosveld-atmosfeer te bied.

Verblyf word aangebied in of 'n plaasstyl-kothuis, 'n vakansiewoonstel, kampterrein-verblyf of rugsakreisigerkamers. Die gerieflike selfsorgkothuis het 3 slaapkamers en slaapplek vir 2 tot 6 gaste. Die selfsorg-vakansiewoonstel het slaapplek vir 2 gaste. Gaste wat in die kothuis en vakansiewoonstel tuisgaan het toegang tot onderdakparkeerplek en braaigeriewe.

Die kampeerplek het 12 rondawels en is geskik vir groot groepe en spanbou-geleenthede. Die kampeerterrein kan minimum 30 en maksimum 60 kampeerders op stapelbeddens akkommodeer. Gaste wat in die kampeerterrein tuisgaan het toegang tot ablusiegeriewe met storte en toilet, ’n gemeenskaplike kombuis, eetarea, vergaderingsaal, 'n braai-area en 'n lapa. Daar is 2 speelvelde, 'n vlugbalbaan en 'n swembad.

Die rugsakreisiger-verblyf bestaan uit 2 skakelkamers met 4 enkelbeddens in elke kamer. Gaste wat hier tuisgaan het toegang tot 'n eie toilet, stort en kombuisie. Rugsakreisiger-gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 'n braaiplek.

Die nabye Hartbeespoortdam bied oorgenoeg geleenthede vir watersport, bootvaarte en visvang. Daar is baie restaurante in die omgewing asook die Hartbeespoortdam Slang- en Dierpark, Nagapie- en Apie-bewarea, die Olifant-bewarea, Ann van Dyk Jagluiperdsentrum, boogskiet, kunsgalerye, kwekerye, skubaduik en helikoptervlugte.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Willibar Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R450 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false