Willow Manor Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Willow Manor kyk uit op die Rooiberg-berge en het lieflike kamers net 14 km van Clarens af.

Verblyf bestaan uit 5 kamers wat elk slaapplek bied aan 2 gaste. Drie van die kamers het ’n ekstra lang koninggrootte-bed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is ’n en suite-badkamer met ’n bad en ’n stort in elke kamer.

Verder is daar ook ’n kombuisie in elke kamer met ’n yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en vars vrugte. Daar is ’n TV met beperkte satelliet-kanale en daar is ook ’n kaggel in elke kamer. Die kamers lei elk na ’n stoep wat braaigeriewe het.

Neem asb. kennis dat rook in die kamers verbode is.

Ontbyt is ingesluit en word by die Sugar and Cinnamon Restaurant bedien op die perseel. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word kinders nie toegelaat nie. Die verblyf is nie troeteldiervriendelik nie.

Willow Manor is net 2 km van die Golden Gate Highlands Nasionale Park af en ’n verskeidenheid doendinge soos perdry, stap, vlotvaart, gholfspeel en meer is ook beskikbaar in die area.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Willow Manor Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 780 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false