Willows Curve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Willows Curve is 2 selfsorg-ateljeekothuis wat op die draai van Erica-laan en Willow-singel in Somerset-Wes geleë is. Dit is slegs 3 minute se ry vanaf 'n lieflike parkie en Somerset-Wes Gholfklub met sy muurbalbane, tennisbane en rolbalveld.

Die oopplan-studiokothuise bied elkeen toegang tot 'n privaat binnehof met braaigeriewe en 'n buite eetarea. Die kothuise is elkeen ingerig met 'n koninggrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort en 'n klein sitarea met 'n TV en DStv. Daar is ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kothuis het WiFi en gaste het toegang tot veilige parkeerplek.

Gaste kan die pragtige Helderberg-streek, bestaande uit die Strand, Somerset-Wes, Gordonsbaai en die omliggende gebied, verken. Die Strand se lang swemstrand is net 6 km van Willows Curve af en strek vanaf Macassar al die pad tot by Gordonsbaai aan die voorheuwels van die Hottentots-Hollandberge. Die perseel is ook 'n gemaklike afstand vanaf Somerset Mall en ander geriewe en besienswaardighede in die omgewing soos Morgenster Wine and Olive Estate, Lourensford-mark en die Helderberg-natuurreservaat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Willows Curve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]