Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Windpoort Country Guest House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Windpoort, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Windpoort Country Guest House is op 'n plaas 16 km-grondpad vanaf Britstown. Dit bied 2 selfsorgopsies met slaapplek vir tot 6 gaste en is die ideale stopplek vir gaste wat tussen Johannesburg en Kaapstad reis.

Dié gastehuis is smaakvol versier en beskik oor 2 slaapkamers. Die slaapkamers het albei 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede leefarea. Die badkamer het 'n bad en 'n stort, en daar is 'n aparte toilet.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en kisvrieskas toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n sitkamerstel, 'n TV en 'n etenstafel met sitplek vir 6.

Die Country Cottage is langs Windpoort Guesthouse, maar dit het sy eie aparte braai-area en skaduparkeerplek.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het slegs 'n stort. Daar is ook 'n kombuis en 'n TV.

Gaste kry ook toegang tot gratis WiFi en daar is 'n swembad en 'n braai-area buite.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 124 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Rochelle J
Gesin met tieners
5.0
Humbling and gratifying. A truly special stay! The night sky was breathtaking, and mornings on the open farm were so refreshing. Sune, ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Tessa E
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik, onvergeetlik, beautiful. ’n Stukkie Karoo-paradys wat jy beslis weer sal wil besoek. Omring deur asemrowende natuurskoon en uitgestrekte ...
Sien meer
Apr 2025
Jh L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, dankie aan die eienaar wat ons ontmoet het. Rustigheid en stilte was heerlik.
Feb 2025
Davy W
Saam met lewensmaat
5.0
Kort maar baie lekker. Baie lekker, skoon, netjies en veilig. Mooiheid van die Karoo met sy oop vlaktes.
Jan 2025
Yvette B
5.0
Gemaklik. Gemaklike verblyf en vriendelike gasvrou.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sune Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 124

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • N12, Windpoort, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Gaste dink Windpoort Country Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Windpoort, Britstown, 8782, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuFllC4HzQrklhpcTrbrb9jLU1I8JTZlpLaM0u4sk4ywiWYwhDV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 124 5 1 5 N12 Windpoort 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.700081315218 23.606494789166

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang