Windrush on Hogsback

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Windrush on Hogsback bied gerieflike verblyf in 2 selfsorgkothuise op 'n groot eiendom met pragtige uitsigte en 'n rustige atmosfeer. Windrush is in die klein dorpie Hogsback geleë en dis 142 km vanaf Grahamstad.

De-Vine View-kothuis is 'n lieflike grasdakkothuis met 'n solder in 'n Alpynse styl. Die kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers - 1 met 'n koningingrootte-bed en 2 met 2 enkelbeddens elk. Die kothuis het 2 badkamers, 'n gastetoilet, kombuis en 'n oopplan-sitkamer en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Die sitkamer het 'n kaggel vir koue wintersaande. Die kothuis het perkallinne en 'n AGA-stoof.

Die Birdhouse is 'n bekoorlike oopplan-kothuis met 'n lieflike dammetjie. Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste in 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Die kothuis het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, kombuis, leefarea en 'n eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, konveksie-oond, broodrooster, koffiemasjien en 'n mikrogolfoond toegerus. Die kothuis het ook 'n elektriese kombers, perkallinne, 'n kaggel, WiFi, sekere DStv-kanale en toegang tot braaigeriewe.

Hogsback bied besienswaardighede soos 39 Steps-watervalle en -arboretum, Amathole-perdryroetes, Amatola-voetslaanroete, Applegarth Tuine en Kwekery, Big Tree-roete, Butterfly's Bistro, Camelot Fairy Meander, Hogsback-boeremark, Hogsback-labarint, Kettlespout-watervalvoetslaanroete, Lowestoffe-bergfietsroete, Madonna and Child-watervalle en Hogsback Adventures.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Windrush On Hogsback gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R785 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za