Windsong

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Windsong is gerieflik en sentraal geleë in die rustige voorstad Vincent, naby die Vincent Park Winkelsentrum. Dit is net 10 minute se ry vanaf die pragtige Nahoon-strand en 25 minute se ry van Oos-Londen se lughawe af.

Daar is 2 selfsorg- en selfgedienste-eenhede. Elke eenheid het sy eie lugversorgingseenheid, 'n oopplan-kombuisie, 'n TV met volledige DStv, WiFi, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n ketel en gratis tee- en koffiemaakgeriewe. Albei eenhede het aparte ingange en die 1 eenheid het 'n skuifdeur wat na die patio toe lei.

Daar is diefwering by al die vensters en daar is 'n sekuriteit skuifhek voor die skuifdeur in Windsong 1. Daar is vir albei eenhede paniekknoppies wat met sekuriteitsfirmas kontak maak beskikbaar. Die eiendom het veilige parkeerplek agter 'n elektroniese hek.

Vincent Park Winkelsentrum is een van Oos-Londen se eerste winkelsentrums en is baie naby 'n wye verskeidenheid winkels en restaurante. Die Hemingways Casino en Winkelkompleks, wat vermaak vir die hele gesin en konferensiegeriewe bied, is net 5 minute se ry van Windsong. Nahoon-strand is bekend as 1 van die beste strande in die Oos-Kaap en is wêreldbekend onder branderplankryers. Dit is ook ideaal vir vlieërbranderplankry as die wind waai en perfek vir swem of wandelinge langs die strand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Windsong gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R540 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za