Windsor Hotel Hermanus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Windsor Hotel en sy selfsorgeenhede is in privaat besit en staan trots op die randjie van Hermanus se asemrowende Walkerbaai. Die meeste kamers bied panoramiese uitsigte oor die see en daarmee saam die wêreld se beste walviskyk-geleenthede vanuit die gemak van jou kamer.

Suidelike noorkaperwalvisse besoek al vir eeue hierdie waters tussen Julie en November as 'n teelaarde en voedingsbodem, dus keer ons gaste generasie op generasie terug om hierdie pragtige ritueel jaar na jaar te sien uitspeel.

Die 120 jaar-oue Windsor is naby Hermanus se dorpskern met sy ryk verskeidenheid restaurante, galerye en winkels, en is al gemoderniseer, sonder om sy familie-atmosfeer en huislike gasvryheid te verloor. Hermanus, met sy sjampanje-kleurige lug, is 'n pragtige 120 km-rit van Kaapstad af en die elegante Windsor is die perfekte plek om te ontspan en 'n groot verskeidenheid doendinge in die omtrek aan te pak.

Die verblyf bestaan uit 32 kamers met see-uitsigte, 27 kamers sonder see-uitsigte en 10 Anneks-kamers wat slaapplek aan altesaam 138 gaste bied. Elke kamer het slaapplek vir 2 gaste. Die kamers met én sonder see-uitsigte is elkeen ingerig met 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die anneks-kamers is weer ingerig met dubbelbeddens. Ander geriewe in die kamer sluit 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, kluis en platskerm-TV in.

Daar is ook WiFi, konferensiegeriewe en veilige parkeerplek.

Doendinge naby ons sluit perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, begeleide wandelings en bergfietsry in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Windsor Hotel Hermanus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 260 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za