LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Winston Beach House | LekkeSlaap
+21

Winston Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bamboesstraat 434, Hentiesbaai, 0000, Erongo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 295 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Winston Beach House is teen die strand in die gewilde kusdorpie Hentiesbaai geleë en bied gehalte-gesinsverblyf in 'n smaakvol versierde selfsorghuis vir 12 gaste.

Die dubbelverdiepinghuis het 6 slaapkamers, 5 badkamers, 'n moderne kombuis en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Drie van die slaapkamers het dubbelbeddens en 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die slaapkamers deel die gebruik van die badkamers met baddens of storte.

Die kombuis is met moderne geriewe toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei in. Maaltye kan in die eetarea geniet word waar daar genoeg sitplek en 'n ingeboude braai is.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n geplaveide stoep met buitemeubels en 'n uitsig oor die strand en see. Niks skei die strand van die huis nie, en gaste kan net ontspan en die Namibiese son geniet.

Hentiesbaai het 'n rustige, ongekunstelde atmosfeer en die afwesigheid van verkeer, die matige klimaat en 'n lang ongerepte strand maak dit die ideale omgewing vir 'n rustige vakansie. Ná 'n moeisame reis op warm en stowwerige paaie kan gaste al langs die strand stap, sonbaai en piekniek hou, of sommer net vir 'n paar dae rus.

Slaapplek

’n Bespreking by Winston Beach House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Bamboesstraat 434, Hentiesbaai, 0000, Erongo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 295
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R5 295
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bamboesstraat 434, Hentiesbaai, 0000, Erongo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPnzbSamHfXfmCsSEL4mytkkidTBCRnsvmrfMpVTSimxuPaAnhF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 295  per nag (vir 12 persone) 434 Bamboes Street Henties Bay 0000 Erongo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -22.11202 14.271034
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!