Winterton Akkommodasie by Winterton Gastehuis | LekkeSlaap
+39

Winterton Gastehuis

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springfield-weg 4, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Winterton Gastehuis bied verblyf in Winterton en is die ideale, plattelandse gesinswegbreek.

Gaste kan die drieslaapkamer Winterton Gastehuis bespreek of die Winterton-ateljee met slaapplek vir 2 gaste. Die Winterton Gastehuis beskik oor 'n slaapkamer met ‘n koninggrootte-bed, 'n slaapkamer met ‘n koningingrootte-bed en nog 'n slaapkamer 2 enkelbeddens en twee dubbelslaapbanke. Die kamers deel die gebruik van 'n volledige badkamer. Die kombuis is ten volle toegerus en gaste kan ontspan in die sitkamer voor die kaggel. Die eenheid bied toegang tot 'n stoep met 'n braai-area.

Die Winterton-ateljee het 'n dubbelbed en 'n matras vir 'n klein kind. Die eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kombuis wat ten volle toegerus is vir selfsorg.

Gaste kan die braaigeriewe benut en daar is parkeerplek op die perseel beskikbaar.

Verskeie restaurante, winkels, kerke en die dorpswembad is binne stapafstand van die gastehuis af. Dit is ook net 30 minute se ry van die Champagne-vallei en die UNESCO Maloti-Drakensberg geskiedkundige besienswaardighede af. Gaste kan voetslaan en stap, verskeie historiese plekke besoek of gaan wynproe by die Cathedral Peak Wynlandgoed.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 11 resensies vir Winterton Gastehuis
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Springfield-weg 4, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Winterton Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springfield-weg 4, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATjdvXwCCcez6SGReMj5bCbTFTRbuNb0cWF5jMuSq2DunqtcwSF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 4 Springfield Road Winterton 3340 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.812928047596 29.543585479259
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za