Wish U Were Here

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 45 % af

Kry 45% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Wish U Were Here is 'n eksentrieke lodge in 'n geskiedkundige gebou wat net buite die stadskern, naby die Old Biscuit Mill in Woodstock, geleë is.

Verblyf word gebied aan verskeie reisigers in verskeie kamer-tipes. Van gemengde slaapsale met gedeelde badkamers tot 2-enkelbedkamers en dubbelkamers met privaat badkamers. Daar is ruim gedeelde badkamers met storte en wasbakke en aparte badkamers wat elkeen 'n bad, stort, wasbak en toilet het. Die kamers is silwerskoon, ruim en uniek versier.

Die gebou is opgeknap deur materiale te gebruik wat binne 'n kilometer van die gebou af te vinde was. Dit het 'n pragtige binnehof met 'n unieke kroeg, kaggel en 'n pizza-oond met groot gemeenskaplike areas waar gaste kan kuier en ontspan. Gaste kan die kombuis en eetkamer vir ontbyt gebruik en die ontspannings-sitkamer en aparte kaartspeelkamer is beskikbaar vir vermaak. Dié verblyf is op een van die hoofbusroetes en binne stapafstand van die Old Biscuit Mill. Daar is veilige parkeerplek met afstandbeheerde toegang (eerste gesien, eerste bedien-basis). Toegang tot die perseel word elektronies beheer en daar is sekuriteit gedurende die nag. Gratis WiFi is regdeur die gebou beskikbaar.

Die perseel is ideaal geleë, sodat gaste al die doendinge wat Kaapstad bied, kan ervaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wish U Were Here gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 R220 per nag (vir 2 mense)

Kry 45% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]