Wisteria Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wisteria Cottage is in die bekoorlike dorpie Haenertsburg geleë wat grens aan die Louis Changuion-staproete en beskermde grasveld. Die omliggende area is bekend vir sy bergagtige skoonheid en volop voëllewe. Haenertsburg is op die R71 geleë, sowat 'n uur se ry van die Krugerwildtuin af. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n gesin wat wil wegbreek vir 'n paar stil dae.

Hierdie selfsorgkothuis het plek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en een gedeelde badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n sitkamer met TV. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die veranda beskik oor 'n kombuisie met 'n vrieskas-yskas, vierplaat-gasstoof met 'n elektriese oond en 'n mikrogolf. Al die nodige breekware, eetgerei, linne en handdoeke word voorsien. Braaigeriewe is beskikbaar, so gooi gerus 'n vleisie op die vuur terwyl jy sit en kyk vir die luisterryke sonsondergang.

Die kothuis is stapafstand van die dorp af waar jy lekker kan rondsnuffel in die oulike winkeltjies of 'n koffie en 'n ete kan nuttig by een van die restaurante of die "pub". Gaan koop gerus jou kruideniersware en 'n bottel wyn op die dorpie. 'n OTM is ook beskikbaar vir jou gerief. Buitelugliefhebbers kan heerlik visvang (forel en baars), stap, perdry, bergfietsry en gholf speel in die nabygeleë dorpe Tzaneen en Polokwane.

Slaapplek

'n Bespreking by Wisteria Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wisteria Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za