Witwater Safari Lodge en Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Witwater Safari Lodge en Spa is in die manjifieke malariavrye Waterberge. Dit is aan die oewer van die Phalala-rivier met sy wit water, vanwaar Witwater sy naam kry.

Die verblyf bestaan uit 8 lodge-suites. 3 luukse suites en 4 tent-suites met uitsigte oor die rivier vanaf die privaat dek af. Daar is ook selfsorgopsies in rivier-chalets met 2 slaapkamers en die Leopard Lodge met 4 slaapkamers. Die eenhede het elk hul eie kombuisie en sitarea en gaste het ook toegang tot 'n swembadjie, braai-area en lapa.

Ons sjefs berei spesiale disse voor wat in elke gas se smaak sal val. Ons bied ontbyt in die bos en "silver service"-fynproewersaandetes, asook vreugdevure in die boma waarlangs gaste tradisionele Suid-Afrikaanse kos kan geniet.

Sakemanne sal bly wees om te verneem dat ons ook direkte vlugte bied, van ongeveer 40 minute lank, tot by ons privaat landingstrook waar 'n spesiale oop wildkykvoertuig jou sal neem tot by die lodge.

Geriewe op die perseel sluit 'n volledig toegeruste spa, 'n verhitte swembad, 'n sauna en stoomkamer en swembad in. Daar is ook 'n volledig gelisensieerde kroeg op die perseel, sowel as 'n volledige konferensielokaal met plek vir 50 afgevaardigdes. Dit sluit 'n sakekamer/pousekamer in met plek vir 10 afgevaardigdes.

Gaste wat by die 5-ster-lodge tuisgaan kan verskeie doendinge geniet insluitend boogskut. Die Waterberge is die tuiste van ongeveer 300 voëlspesies en dit is dus 'n absolute lushof vir voëlkenners. Gaste is ook welkom om op wildritte te gaan waar die prag van die majestueuse Waterberge waardeer kan word tesame met die wild wat hier hou. Op boswandelinge het gaste die unieke geleentheid om die klein dingetjies te ervaar wat die bos waarlik magies maak, en gaste wat hou van visvang sal bly wees om te verneem dat jy hier kan kunsvlieghengel vir baars, barber, geelvis en karp. Visvang is hier op 'n vang-en-vrylaat-basis. Jy kan ook 'n ontspanne boswandeling neem om die uitmuntende rotskuns te gaan verken, en meer te leer oor die Waterberge se kulturele geskiedenis. Ons het ook 'n eko-uitdaging wat bestaan uit 6 nommers wat jou verstandelik en fisies toets. Dit is uitstekend vir spanbou-geleenthede!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Witwater Safari Lodge En Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 080 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za