Wolfkop Nature Reserve Mountain Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

5 km vanaf Citrusdal, aan die voorheuwels van die Cederberg, is Wolfkop, 'n 450 ha-reservaat met privaat kothuise en verskeie buitelug-doendinge.

Die 3 kothuise is almal privaat en smelt netjies in by die ligging. Elke kothuis het 180° panoramiese uitsigte oor die Olifantsriviervallei en hul eie privaat Jacuzzi. Die kothuise is uiters privaat en het dubbeldeure wat na die veranda met 'n luisterryke uitsig lei. Daar is 2 slaapkamers met en suite-badkamers in elke kothuis wat geskik is vir 4 gaste, met ekstra spasie in die sitkamer vir nog 2 mense.

Harpuis huis het 5 en suite-slaapkamers vir groter gesinne en dien ook as 'n gastehuis gedurende die week. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, gemaklike matrasse en perkallinne, asook 'n stort met warm water. Die oopplan-kombuis het toerusting van vlekvrye staal, vars lemoensap in seisoen en koffiebone en meul vir die perfekte koppie koffie. Lugversorging en DStv is standaard in elke eenheid.

Die sitkamer spog met hoë plafonne, gemaklike rusbanke vir 'n lekker middagslapie en 'n kaggel. Dubbeldeure lei jou na die terras met ’n braai-area en Jacuzzi, en aan die agterkant is ook 'n klimraam.

Gaste kan tot laat wakker bly en die sterre bewonder, of vroeg opstaan en op die uitkyk wees vir 'n paar diere soos duikers, ystervarke en skilpaaie. Tydens sekere tye van die jaar is daar verskeie blomme - Augustus en September is die ideale tyd om die blommekombers te aanskou.

Kano's is te huur vir die rivier-area by Wolfkop Camping or Elephant Resort. Gaste kan visvang in die rivier, of die staproete aanpak en die verstommende rotsformasies, diverse fynbos en nog baie meer by Wolfkop verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wolfkop Nature Reserve Mountain Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za