Wolwefontein Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wolwefontein Lodge bied akkommodasie in 'n rustige omgewing op 'n privaat plaas. Die plaas is 30 km van Colesberg af op die N9 tussen Colesberg en Noupoort in die Noord-Kaap. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en gasvryheid weg van die stad se gedruis.

Ons bied verblyf in 4 slaapkamers en 1 vrystaande kothuis. Die slaapkamers is ruim en beskik oor 'n koningingrootte-bed óf 2 driekwartbeddens en 'n dubbelstapelbed met 'n en suite- of privaat-badkamer met 'n bad/stort, 'n wasbak en 'n toilet. Hierdie kamers beskik ook oor geriewe soos 'n waaier, elektriese komberse, 'n TV met sekere DStv-kanale en koffie- en teemaakgeriewe.

Die lodge bied ook 'n gemeenskaplike sitkamer en buitebraai-geriewe waarvan gaste gebruik kan maak. Gaste kan 'n smullekker Engelse ontbyt in die eetkamerarea geniet. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus en vol voorraad is soos vars melk. Daar is 'n swembad beskikbaar waarin gaste kan afkoel op somersdae en kinders sal dit geniet om die klein diertjies op die plaas van nader te sien en met die bottel te voer.

Daar is parkeerplek op die perseel beskikbaar en daar is heelwat doendinge vir gaste op die plaas. Buiten al die pret op die plaas kan gaste ook in die omgewing gaan perdry, fietsry, visvang en wildkyk.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wolwefontein Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za