Wolwekrans Eco Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wolwekrans, ook bekend as die Juweel van Mpumalanga, is op die Schoemanskloof-platorand geleë met asemrowende 240º-uitsigte oor die Laeveldvallei en Schoemansberge wat 'n pragtige agtergrond skep.

Elke chalet het sy eie privaat boma, dek en braaigeriewe. Omdat dit 'n eko-lodge is, is die chalets 100% omgewingsvriendelik en elektrisiteit word deur sonkrag en gas voorsien. Die selforgkombuise is ten volle toegerus met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Geriewe sluit kerse, vuurhoutjies, vullissakke en sonkragligte in.

Wolwekrans het spesifieke piekniekplekke wat gaste se piekniek so privaat en spesiaal as moontlik sal maak. Gaste sal die kans kry om die wild wat vrylik rondloop op Wolwekrans, soos koedoes, rietbokke, duikers, ribbokke, bosbokke, klipspringers, vlakvarke, jakkalse en meer te sien.

Wolwekrans is die ideale bestemming vir enige voëlliefhebber. Die spruit wemel van arende, valke en kleiner eksotiese voëls. Dié verblyf is ook wyd bekend vir die uitstekende staproetes. Daar is staproetes vir almal, van ervare stappers tot beginners.

Let asb. daarop dat Wolwekrans slegs besprekings oor naweke, vir vakansies of vir langer verblyf aanvaar. Die perseel kan slegs bereik word met 'n hoë grondvryhoogte SUV, bakkie of 4x4.

'n Pendeldiens is teen 'n ekstra koste beskikbaar indien vooraf gereël.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wolwekrans Eco Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za