Wonder Waters Tonteldoos

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 35 % af

Kry 35% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Aug 2019 tot 29 Nov 2019.

Beskrywing

Stel jou 'n plek met buitengewone en pragtige uitsigte op heuwels, valleie en foreldamme voor. Stel jou voor jy kan wegbreek na die rus en privaatheid wat 'n plaas in die Tonteldoos-area jou kan bied. Bly in 'n houthuisie, wat elegant gemeubileer en goed toegerus is met gas en sonligte, stapafstand van 3 foreldamme. Daar is ook lieflike piekniekplekke en met berg-uitsigte.

Peach Cabin is 'n afgesonderde houthuisie wat uitkyk op 'n Kiepersolboom en is skaars 30 m van die naaste foreldam af. Die eenheid bied slaapplek vir 6. Daar is 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en badkamer met stort. Daar is 'n knus leef-/eetkamer met 'n kaggel en 2 ekstra enkelbeddens. Goed toegeruste kombuis met gasstoof/oond, yskas-vrieskas en eetgerei vir 4 tot 6. Die stoep kyk uit oor die inheemse bome. Daar is 'n braai in die omheinde tuin. Geen elektrisiteit nie.

Cosmos Cabin bied slaapplek vir 2 gaste in 1 slaapkamer en daar is ook 'n enkelbed. Dit is 'n knus en afgesonderde houthuisie naby foreldamme. Cosmos het 'n ruim oopplan-slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n leefarea met 'n kaggel, 'n eethoekie, en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof/oond, yskas-vrieskas en eetgerei vir 2. Geen elektrisiteit is beskikbaar nie. Die stoep kyk uit oor die foreldamme. Daar is 'n omheinde tuin wat veilig is vir honde.

Wonder Waters Tonteldoos het beeldskone uitsigte en is ideaal vir stilte en ontspanning. Doendinge sluit voetslaan en bergfietsry in. Jy kan selfs die visarende en jakkalse hoor roep in die aand.

Voertuie met 'n hoë grondvryhoogte word aanbeveel. Ons het geen elektrisiteit nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wonder Waters Tonteldoos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R585 per nag (vir 2 mense)

Kry 35% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Aug 2019 tot 29 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za