Woodall Country House and Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woodall Country House en Spa skuil tussen die rustige sitrusboorde naby die Addo Olifantpark, net 45 minute vanaf Port Elizabeth in die malariavrye Oos-Kaap.

Elke kamer is ruim, privaat en toegerus met al die nodige luukshede - van lugversorging tot internettoegang. Ander geriewe sluit privaat verandas, en suite-badkamers, HiFi's, kroegies, pragtige meubels, perkallinne, japonne, telefone, elektroniese kluise en CD-spelers in. Elke kamer het ook 1 koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n buitelugstort.

Plaaslike disse word stylvol voorgesit in die grasdak-eetsaal met 'n uitsig oor die reiers, kormorante en skaars watervoëls wat hier bly. Dié disse is geïnspireer deur die geure van plaaslike bestanddele en varsgeplukte kruie en groente. Die spyskaart word aangevul deur die privaat kelder, wat spog met 'n unieke en omvattende versameling Suid-Afrikaanse wyne.

Die spa is 'n heerlike toevlugsoord waar gaste kan ontspan en persoonlike vernuwing kan ervaar. Dit spog met 'n soutwater swembad, omring deur palms en 'n waterval. Fasiliteite sluit ook 'n gesondheidsateljee, stoombad, sauna, hidroterapie-bad en ruim dubbelstorte in. Die gimnasium, 'n lewendige, energieke ruimte, bied moderne fasiliteite.

Dié boetiekhotel is 5-ster en maak voorsiening vir die kieskeurige reisiger, wat weerspieël word in die noukeurige, ruim verblyf. Dit is die ideale basis vanwaar jy die aangrensende Addo Olifantpark, en nabygeleë wildreservate soos Schotia, Amakhala, Pumba, Kwantu en Elephant Back Safaris kan verken. Bruidspare word bederf in 'n vreedsame, privaat omgewing. Gaan gerus ook op 'n wildrit met Woodall se oop Landcruiser.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woodall Country House And Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 330 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za