Woodcroft

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Woodcroft is op 'n plaas in die buitewyke van Lidgetton geleë. Dié bekoorlike kothuis het 'n stil ligging met 'n uitsig oor die Leeurivier en die prentjiemooi plase en woude. Dit is die ideale plek om die Midlands Meander te verken of die rustige platteland te geniet.

Woodcroft-kothuis bied slaapplek vir 'n maksimum van 5 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n enkelbed en daar is nog 'n enkelbed in die gang. Daar is 'n badkamer met 'n bad, stort en toilet. Die leefarea het 'n groot kaggel met al die nodige geriewe. Die kombuis het 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, 'n ketel en 'n broodrooster. Die kothuis is gerieflik, privaat en veilig.

Die Woodcroft-rondawel het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. daar is 'n klein yskassie vir verversings en 'n ketel in die kamer met koffie- en teemaakgeriewe. Buite is daar 'n patio met 'n tafel en 'n stoel.

Dit is gerieflik geleë in die hartjie van die Midlands Meander en is 17 km van Howick, 27 km van Nottingham Road en 12 km van Michaelhouse School af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woodcroft gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R595 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]