Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Woodcutters Forest Cottages

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plaas 139, Bibbie's Hoek, Rheenendal, 6576, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 840 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Dié kothuis is op die rand van die Knysnawoud in ’n pragtig ontwerpte, welige tuin. Die interieur is rustig en romanties en deur die eienaars ontwerp. Die kothuis is vol kuns, voorwerpe, outentieke matte en materiale en is ’n oord vir die kreatiewe siel, ontwerper en enige iemand wat met skoonheid, harmonie en natuur omring wil wees. Die tuin is ’n getuienis van die eienaars se liefde vir plante, blomme en tuinmaak.

Woodcutters-kothuis is 1 van 2 pragtige kothuise op die grens van die Knysna-woud. Daar is slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n groot oopplan-leefarea en -eetarea, ideaal vir groot gesinne of groepe. Dis keurig ingerig en die patio bied 'n uitsig oor die inheemse woud. Daar is 'n heerlike kaggel en braaigeriewe. Dis perfek vir 'n stil en rustige wegbreek.

Mellow Wood-kothuis is die ander pragtige kothuis op die grens van die Knysnawoud. Daar is slaapplek vir 2 gaste en die kothuis is smaakvol versier met ’n klein privaat tuin. Gaste kan op die swaaibank sit en die lieflike uitsig op die tuin geniet. Daar is ook ’n stoep, braai en heerlike kaggel vir die winter.

Iemand sal gaste by die plaashek ontvang en na die kothuis lei. Daarna sal pla nie. Iemand is egter altyd beskikbaar op die perseel indien gaste iets sou nodig hê.

Gaste word omring deur inheemse woude, denneplantasies en landerye. Daar is tientalle doendinge en besienswaardighede in die omgewing, soos die Kringe-in-'n-bos-staproete, fietsryroetes, swemplek by Drup Kelders, en piekniekplek by Jubilee Creek. Gaste moet ook op die uitkyk wees vir voëlspesies soos die Knysnaloerie en die Bosloerie. Die Dalene Matthee-gedenkteken by die Groot Boom is ook hier naby en die Milkwood Goudmyn is beslis die besoek werd.

Die prentjiemooi dorpie Knysna met sy kristalhelder strandmeer is net 25 minute hiervandaan. Buffelsbaai en Sedgefield se strande en riviere is ook hier naby.

Daar is 6 troeteldiere op die perseel wat baie vriendelik is. Ons vra dat gaste hulle asb. nie voer nie.

Gaste benodig hul eie vervoer aangesien dit in die platteland is. Elke kothuis beskik oor parkeerplek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir Woodcutters Forest Cottages
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Hannes Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 6

Ligging

  • Plaas 139, Bibbie's Hoek, Rheenendal, 6576, Wes-Kaap
  • Gaste dink Woodcutters Forest Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 840
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 840
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plaas 139, Bibbie's Hoek, Rheenendal, 6576, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqnExjQDy6j7hYLTLiMjIABTPbx93uUlLJXN2rESQlbPVa7eHNZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 840 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Farm 139 Bibbie's Hoek 6576 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.930286147939 22.974790381634
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem