Woodlands Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 14 Aug 2019 tot 22 Aug 2019.

Beskrywing

Woodlands Retreat bied luukse selfsorgverblyf met kombuisies in Clarens. Dit is weggesteek in 'n luisterryke tuin tussen woudagtige bome en word omring deur die sandsteenberg-landskap waarvoor Clarens so bekend is. Hierdie beskutte en rustige plekkie is ideaal as jy net wil rus en ontspan en dit is net 3 minute se ry of 13 minute se stap van die middel van Clarens af.

Woodlands Retreat streef daarna om 'n omgewingsvriendelike en organiese omgewing te skep en ons is op pad om so selfonderhoudend as moontlik te wees en ons beplan om heeltemal onafhanklik te wees in die toekoms.

Woodlands Retreat bied 4 soorte verblyf-opsies en bestaan uit 4 elegante suites en 1 kothuis, naamlik Silver Pebbles, Caribbean Blue, Golden Maple Suite, Pearl Suites en die Cherry Gesins-suite. Albei suites het skoon, 100%-katoenperkallinne, hipoallergeniese meubels en 'n skoon, wit, geteëlde en suite-stort met warm water. Die Cherry Gesins-suite het vars wit hipoallergeniese "microfiber"-linne.

Gratis en veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel agter geslote hekke. Kinders is welkom in die Silver Pebbles Suite en die Cherry Gesins-suite onder volwasse toesig solank jy sorg dat ons kosbare ruimte in dieselfde toestand gelaat word as waarin jy dit gevind het.

Gaste kan gerus langs die kronkelpaadjies stap en die prag van die bome geniet terwyl jy sien hoeveel voëls en skoenlappers jy kan raaksien. 'n Hele paar kuier graag hier rond. Jy het ook die geleentheid om te sien hoe avonturiers van Platberg af abseil.

Indien jy bietjie jou dag of nag wil opkikker, is die hoofstraat van Clarens net 'n katspoegie ver. Clarens het pragtige kunsgalerye, lieflike restaurante waar jy heerlik kan wyn drink en smullekker maaltye geniet of 'n "craft"-biertjie kan geniet. Jy sal musiekkonserte en verskeie ander doendinge regdeur die jaar hier aantref.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woodlands Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R510 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af. Geldig vanaf 14 Aug 2019 tot 22 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false