X Tribe Adventures

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 20 % af

Kry 20% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

'n Avontuurwêreld wag op alle besoekers aan X TRibe Adventures!

X Tribe Adventures is nét die plek vir privaat geleenthede soos spanbousessies, rampartytjies en verjaarsdae.

Ons is 'n avontuurbesigheid wat spesialiseer in funksies en geleenthede vir maatskappye en privaat groepe. Hier sal jy 'n berg klim, 'n rivier kruis, en 'n vallei verken. Jy sal ook ons uitstekende opleiding en pretprogramme, wat by die behoeftes van enige groep aangepas kan word, beleef .

Die ruheid van die bos word met 'n skoon basiskamp versag. In die kamp kan jy ontspan, maar moenie luukshede verwag nie. Onthou, hierdie is 'n avontuur!

By X Tribe gee ons vir jou 'n bosveldervaring om te onthou, maak seker dat jy elke oomblik geniet en ook genoeg tyd het om ons pragtige kampterrein te verken.

Dis egter nie net opvoedkundige instansies wat van ons dienste gebruik hoef te maak nie. Ons bied besondere geleenthede vir korporatiewe groepe en stadsjapies wat leerskoene vir stofplakkies of kaalvoet-ervarings wil verruil.

Ons is passievol oor avonture en om rof te raak in die buitelug. Hier sal jy egter ook kan reken op 'n gemaklike verblyf, goeie diens, 'n veilige omgewing, bekostigbare pakkette, en 'n verskeidenheid aktiwiteite en plaaslike toeriste-aantreklikhede. Elke oomblik, elke bewerasie, elke sterbedekte skilderagtigheid of safari-droom ... ons sal seker maak dat jy met onvergeetlike herinneringe ons verlaat!

Akkommodasie
Kampe 1 - 16 Dubbelkamers wat tot 32 mense akkommodeer en vir eksklusiewe gebruik bespreek kan word. Kamers toegerus met beddens, matrasse en lakens.
Kamp 2 - 6 Unieke koshuis-styl kamers wat tot 30 mense kan akkommodeer en bespreek kan word vir eksklusiewe gebruik. Kamers toegerus met beddens, matrasse en lakens.
Kamp 3 - 6 Hutte wat tot 30 mens kan akkommodeer en bespreek kan word vir eksklusiewe gebruik. Kamers is toegerus met beddens, matrasse en lakens.

Jy kan ook Kamp 1, Kamp 2 en Kamp 3 kombineer as jy 100 mense wil akkommodeer.

Geriewe
Sluit 3 aparte kampe met eie akkommodasie, lapa, boma, braai-area, badkamers en parkering in.

Bespreek jou volgende geleentheid by een van ons kampe. Vandag nog!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na X Tribe Adventures gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 300 R2 640 per nag (plek vir 30)

Kry 20% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false