Ya Rena Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ya Rena Guest House is in Groblersdal geleë, in die hartjie van die Sekhukhune Distrik. Groblersdal is omtrent 20 minute se ry vanaf die reuse Loskopdam.

Ya Rena Guest House bied aan sake- of vakansiereisigers rustige akkommodasie in 6 en suite-slaapkamers. Elke kamer het lugversorging, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en DStv. 'n Elektroniese kluis is in elke kamer beskikbaar sodat gaste waardevolle items daarin kan veilig hou.

Veilige parkering is op die perseel beskikbaar met 24 uur-toegang deur die afstandbeheerde hekke. Die eetkamer het 'n gesellige atmosfeer waarin gaste tuisgekookte maaltye kan geniet (aandete, middagete en ontbyt). Middagetepakkies en aandete is op aanvraag beskikbaar. Die gastehuis bied ook privaat funksies en geleenthede vir tot 25 mense.

Geniet opwindende wildkyk-geleenthede per boot in die Loskopdam Natuurreservaat. Ya Rena Guest House is naby aan plaaslike skole, Ben Viljoen, Jullian Muller en CVO Gromar en grens ook aan Groblersdal se middedorp. Die dorp se geriewe is net 'n paar minute van ons af weg.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ya Rena Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za