Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zwana Nathi

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Luislanglaan 1500, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Zwana Nathi is dubbelverdiepingkothuis met 'n grasdak en is vir selfsorg toegerus. Die eenheid is in Marlothpark, net 24 km vanaf die Krugerwildtuin se Krokodilbrug-hek af. Zwana Nathi is op die grens van die wildtuin en bied totale privaatheid en 'n egte bos-ervaring met talle viervoetige besoekers.

Die verblyf beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer, 2 badkamers, 'n buitestort met koue water) 'n formele oopplan-sitkamer en eetarea. Die eenheid is geskik vir 6 gaste. Beide slaapkamers is op die grondverdieping en het elk 'n dubbelbed en lugversorging. Die solderkamer het 2 enkelbeddens met 'n industriële plafonwaaier en 2 losstaande waaiers. Albei badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolf, tweeplaatgasstoof met geen oond, 'n ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die eenheid het onbeperkte WiFi, My Family Cinema en Netflix. Gaste kan hul eie DStv-intekenbesonderhede op die DStv Now App gebruik.

Zwana Nathi het onbeperkte WiFi, My Family Cinema en Netflix. Gaste kan hul eie intekenbesonderhede gebruik om toegang tot die DStv Stream app te kry.

Daar is 2 ontspanningsareas met uitsigte oor die bostuin en park, wat besonderse sonsondergange bied. Die eerste ontspanningsarea grens aan die solderkamer en die ander is op die grondverdieping en lei vanaf die sitkamer. Gaste kan aan die kant van die huis op die dek langs die plonspoel ontspan en snags na die dieregeluide luister terwyl daar rondom die versonke vuurput in die ingeboude boma gekuier word.

Die perseel het 'n alarmstelsel en 'n paniekknoppie wat verbind is aan die plaaslike sekursiteitsmaatskappy en hulle gewapende reaksie. Daar is ook diefwering en veiligheidshekke.

Die kothuis het ook sonpanele, 'n omsetter en 'n rugsteunbatterystelsel sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie. 'n Jojo-tenk is ook vir ekstra water beskikbaar.

Daar is gereeld wild soos kameelperde, sebras, vlakvarke, koedoes, duikers en wildebeeste in die omtrek, asook verskeie voëlspesies en nagapies. Diere kom suip ook gereeld water uit die swembad.

Marloth spog met verskeie restaurante, voelkykgeleenthede, 2 supermarkte, 'n tuisnywerheid, drankwinkels en 2 slaghuise. Daar is ook 'n waterpark en 'n putt-puttbaan waar kinders kan speel.

Slaapplek

’n Bespreking by Zwana Nathi sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 35 resensies vir Zwana Nathi
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Dana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 135

Jaar gelys 7

Ligging

  • Luislanglaan 1500, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Zwana Nathi het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Luislanglaan 1500, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAada8dc57805fd3651ea320c959f0ca560209da77f657f89d23982916e9aa4c8635a2eb6052d1aff0c58d28b07e86b06e4736?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6) 35 5 1 5 1500 Luislang Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.348859501944 31.766439378262
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem