Zandibela Private Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zandibela is 'n privaat wildlodge van 1800 hektaar naby die asemrowende Baviaanskloof in die Oos-Kaap. Dit is 'n pragtige plek om die natuurskoon in te neem, wild te kyk en die asemrowende heuwels, watervalle en landskappe van die area te geniet.

Verblyf word gebied in 8 grasdaklodges wat met klip uit die area gebou is. Dit het hoë plafonne en lugversorging. Al die lodges het uitgestrekte uitsigte van die horison en dit beskik elkeen oor 2 en suite-slaapkamers, 'n sitkamer, kaggel en privaat dek wat oor die dam kyk.

Elke lodge het 'n ekstra lang koningingrootte-bed of enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die romantiese wittebroodsuite is perfek vir 'n baie spesiale geleentheid en dit het sy eie privaat Jacuzzi.

Die dekor is eenvoudige luuksheid met leerbanke, rietplafonne, dik donsveerduvets, vars wit Egiptiese katoenlinne, kamerjasse en sagte wit handdoeke in die badkamers.

Geniet heerlike maaltye of 'n braai onder die sterre by die boma of ontspan net om die kampvuur. Lê langs die swembad op 'n warm somersdag terwyl lieflike drankies aangedra word of geniet goeie kos en wyn in die eetkamer met 'n lekker vuur vir koue wintersaande.

Ontspan by die kroeg en gesels met ander gaste. Daar is moderne konferensiegeriewe vir konferensies, dinkskrumme en werkswinkels. Zandibela is ook 'n trouvenue.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zandibela Private Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za