69 Zebula

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

69 Zebula bied selfsorg-vakansieverblyf en is op die Zebula Gholflandgoed en Spa geleë. Zebula is op 1600 hektaar Afrika--bosveld in die skadu van die Waterberge geleë en bied 'n gholflandgoed, natuurreservaat en 'n gesondheid-spa.

Dié selfsorghuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers met lugversorging, 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea, 'n onderdakvermaak-area, 'n lapa met 'n vuurput en 'n swembad met 'n net.

Elke slaapkamer is op die grondvloer geleë en het sy eie en suite-badkamer en 'n stoep. Die eerste, tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 slaapbanke op die boonste verdieping wat 4 kinders onder 12 jaar kan akkommodeer.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor alle toebehore, soos 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond, en potte en panne. In die eetarea is daar 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die sitkamer het 'n knus kaggel en 'n platskerm-TV met DStv. Op die boonste verdieping is daar 'n pool-tafel.

Die sitkamer bied toegang tot die buite-onderdakvermaak-area met 'n etenstafel en stoele, sowel as 'n ingeboude braai. Die huis spog met 'n swembad met 'n veiligheidsnet en 'n vuurput waar gaste lekker onder die sterre kan kuier. Die boonste dek bied 'n asemrowende uitsig oor die Waterberge. 'n Skoonmaakdiens is nie ingesluit nie, maar kan teen ekstra koste gereël word. Die eenheid is naby die klubhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by 69 Zebula sluit in:

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 69 Zebula gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 900 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za