Bela-Bela Akkommodasie by 99 Zebula | LekkeSlaap
+12

99 Zebula

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Mabula, Zebula 99, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

99 Zebula is 'n selfsorgvakansiehuis wat op die Zebula Golf Estate and Spa geleë is. Zebula bied 'n gholflandgoed, natuurreservaat en gesondheidspa op 1600 hektaar bosveld in die skadu van die Waterbergreeks.

Dié selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers, onderdak-vermaakarea, 'n pooltafel en 'n Jacuzzi.

Die eerste en tweede slaapkamers het koninggrootte-beddens en die derde en vierde slaapkamers het elkeen driekwartbeddens.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf en beskik oor 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, mikrogolfoond en potte en panne. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8. In die sitkamer is daar 'n kaggel vir die koel winteraande, 'n platskerm-TV met DStv en 'n pooltafel. Die sitkamer lei na die onderdak-vermaakarea met buitemeubels, 'n Jacuzzi, 'n gasbraai, 'n Weber-braai en 'n vuurput waar gaste lekker onder die sterre kan kuier. Die huis spog met 'n lieflike uitsig vanaf die boonste stoep. 'n Skoonmaakdiens word daagliks voorsien, behalwe op openbare vakansiedae.

Slaapplek

’n Bespreking by 99 Zebula sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir 99 Zebula
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Plaas 534, Mabula, Zebula 99, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink 99 Zebula het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Mabula, Zebula 99, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4NDEzNGM5LTA2ZTctNDhjMC05MGUyLTcxZmRjZmZkNDMyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 600  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 Farm 534, Mabula 99 Zebula 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -24.764886 27.94998
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za