Bela-Bela Akkommodasie by Zebula Golf Estate & Spa | LekkeSlaap
+23

Zebula Golf Estate & Spa

Lodge
Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 6 Jul 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Mabula-distrik, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 300 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Zebula Gholflandgoed en Spa is 'n pragtige en heeltemal unieke leefstyl-bestemming, slegs 2 ure noord vanaf Johannesburg. Dit is geleë in die manjifieke malaria-vrye Waterberg-reeks van die Limpopo Provinsie. Die instansie rus op 1600 hektaar van ongerepte bosveld, in die skadu van die Waterberge.

Verblyf word aangebied in 20 Bos-lodge kamers. Elke kamer is in 'n romantiese, knus chalet wat uitkyk oor of die gholfbaan of die bosveld. Die kamers beskik elk oor 'n TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kroegie, lugversorging en haardroërs.

Daar is 'n groot swembad-area by die lodge wat die volgende insluit: 'n hoofswembad, 'n plonspoel en 'n rots-Jacuzzi. Dit is langs die muurbalbaan, 2 tennisbane en 'n volledig toegeruste gimnasium. Zebula spog met 'n verskeidenheid restaurante. Die Zebula Klubhuis is die pluimpie in die landgoed se hoed. Dit spog met die beste plekkie om skemerkelkies op die dek te geniet, terwyl jy jouself kan verkyk aan die bloedrooi Afrika-son soos hy sak oor die Waterberge. Die Spa by Zebula is 'n toevlugsoord waar jy jouself na hartelus kan geniet, genees of sommer net ontspan in 'n pragtige, natuurlike omgewing. Daar is tot 'n binnenshuise, verhitte plonspoel, ontspanningstuin en gesondheids-kroeg met uitstekende uitsigte.

Daar is 6 konferensie-venues op die perseel. Die grootste een het sitplek vir tot 180 afgevaardigdes. Zebula kan ook kleiner konferensie-venues aanbied by verskeie vername huise op die landgoed. Al die huise bied privaatheid, ruimte en luukse wat ideaal is vir 'n klein, meer intieme konferensie.

Doendinge op die landgoed, wat op 'n daaglikse basis aangebied word, sluit in: wildritte, wandelinge vir wildbesigtiging, vierwiel-safari's, perd-safari's, safari's op stil voertuie sodat diere nie afgeskrik word nie, visvang, kleilatgooi, boogskut, verfbal en vlugbal. Die lodge spog met 'n lieflike voëlhuis, 'n slang- en reptielpark en gaste kan selfs ons baba Bengaalse tiere en baba leeutjies besigtig.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Zebula Golf Estate & Spa
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Plaas 534, Mabula-distrik, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Zebula Golf Estate & Spa het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Mabula-distrik, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ3MGZmY2EzLTFlYTAtNDk0ZC05NWNjLTdmODhmNWQ0MDI5NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 300  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Farm 534 Mabula District 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -24.747169678706 27.965416129883
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za