LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Zeehuijs | LekkeSlaap
+51

Zeehuijs

Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoolstraat 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 650 R2 920 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Zeehuijs is 'n selfsorghuis in Yzerfontein wat gehalteverblyf en asemrowende see-uitsigte bied. Dis perfek vir 'n gesin of 'n groep vriende en dis lekker naby verskeie winkels, restaurante, die hawe en die strand.

Zeehuijs is 'n dubbelverdiepinghuis wat keurig ingerig is en oor 5 slaapkamers beskik. Daar is slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed. In die tweede en derde slaapkamers is daar elkeen 1 enkelbed. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vyfde slaapkamer het twee enkelbeddens. Daar is 3 badkamers, waarvan 2 elkeen 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het. Die derde badkamer is 'n en-suite badkamer met 'n stort en dubbelwasbak en is deel van die vierde slaapkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n oopplan-eetarea waar maaltye genuttig kan word. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met volledige DStv en 'n DVD-speler.

Daar is 'n speletjieskamer op die eerste verdieping met 'n tafelsokkerblad.

Die ruim balkon op die eerste verdieping het braaigeriewe en spog met prentjiemooi uitsigte oor die see en die tuin. Parkeerplek is voor Zeehuijs beskikbaar.

Binnenshuise braaigeriewe is ook beskikbaar vir koeler aande op die grond-verdieping.

Doendinge in die omgewing sluit visvang, gholf, voetslaan en wildritte in.

Slaapplek

’n Bespreking by Zeehuijs sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 24 resensies vir Zeehuijs
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Schoolstraat 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zeehuijs het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R3 650
Vanaf R2 920
per nag (vir 8 persone)
was R3 650
Vanaf R2 920
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoolstraat 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAD3wZrv9ju2fQ9F26w6G1DltvYe943hhN2LZvqjbiljMv1iTKa2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R3 650, nou Vanaf R2 920  per nag (vir 8 persone) 24 5 1 5 32 School Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.348540207657 18.154545509787
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!