Zinkwazibush

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zinkwazibush skuil in 'n pypsteelerf wat reg rondom aan 'n park grens. Hier in Marloth Park in die suidelike Krugerwildtuin kan jy die mees onvergeetlike bos-ervaring geniet met al die luukshede wat jy verdien.

Die selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 3 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n solder met 'n TV en slaapbanke, 'n sitkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Buite is daar 'n pizza-oond, Jacuzzi op die dek en meer. Hierdie huis is eksklusief tot jou beskikking en is dus ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Hier is jy in die hartjie van die natuur! Diere kom kuier terwyl jy braai of jou oggendkoffie geniet. Jy kan bedags die menigte voëls dophou en snags die luisterryke sterrehemel aanskou. Of dit net vir 'n kort, verkwikkende naweek is of vir 'n rustige, langer wegbreek in die pragtige natuurskoon - jy kan hier geïnspireer en hernuwe word, ons waarborg dit!

Die Krokodilrivier vorm die grens tussen Marloth Park en die Krugerwildtuin. Stap of ry na die rivier om die Groot 5 te sien of ontspan langs die waters met 'n skemerkelkie in die vreedsame Marloth Park.

Slaapplek

'n Bespreking by Zinkwazibush sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Telefoon
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zinkwazibush gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 575 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za