Zonnenstrahl Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Zonnenstrahl Guesthouse is geleë aan die buitewyke van die pragtige dorpie Nieu-Bethesda en bied gerieflike, stylvolle en sakpas-verblyf vir ’n gesin of groep vriende. Dié gastehuis kombineer ou-wêreldse bekoorlikheid met moderne geriewe, wat ’n aangename verblyf verseker. Die hele huis kan bespreek word vir 8 gaste, of kleiner groepe kan Oupa Barend of Oupa Alph bespreek.

Die Oupa Barend Suite het slaapplek vir 3 tot 6 gaste en die Oupa Alph Suite het slaapplek vir 2 gaste. Albei eenhede het Franse deure wat lei na die tuin en die patio. Geniet die someraande op die patio terwyl tyd stadig aanstap. Die gastehuis het ook 'n lekker braai-area buite. Alle gaste het toegang tot die tuin en veilige parkeerplek op die omheinde perseel.

Kom geniet die asemrowende uitsigte en rustigheid van die dorp en die Karoo, sonder die steuringe van die daaglikse lewe aangesien daar geen TV is nie. Geniet die hitte van 'n kaggelvuur, die bloeisels in die lente, die helder kleure van die herfs en die ongelooflike sterrehemel.

Let asb. op daar is geen vulstasies, bank of kredietkaartfasiliteite in Nieu-Bethesda nie, so maak asb. jou petroltenk asook jou beursie vol voordat jy arriveer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zonnenstrahl Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R675 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za