Zuikerkop Country Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zuikerkop Country Game Lodge is tussen Ficksburg en Ladybrand in die skilderagtige Vrystaat geleë en bied 'n rustige oase en gewilde trou- en konferensiesentrum. Ons kan 58 gaste akkommodeer in pragtige chalets en rondawels.

Ons luukse restaurant, boma met 'n kroeg en braai en die luukse dag-spa is 'n wenresep vir die perfekte Afrika-wegbreek. Gaste moet ten minste 2 dae voor die tyd besprekings maak vir die restaurant, spa en wildritte.

Die ontwerperstuin het 'n gazebo wat ideaal is vir buite-troues en die bekoorlike kapel bied 'n knus en intieme trou-seremonie. Ons het 3 onthaal-venues met plek vir 50 - 200 gaste wat spog met die mooiste uitsig as agtergrond. Daar is ook rugsakreisigerslosies en kampeergeriewe vir 50 gaste.

Die moderne konferensiesentrum bied die nuutste grafiese-projeksietoerusting en het plek vir 80 afgevaardigdes.

Ander aktiwiteite sluit in; pieknieks in die natuur, 'n swembad, mini-gholfbaan, vlugbal, tafeltennis, pooltafel, wildkyk, voëlkyk (meer as 200 spesies), visvang, bergfietsry (bring jou eie fiets) en uitstekende staproetes. Ons bied ook spanbou-aktiwiteite vir jou maatskappy aan.

Ons is geskik vir enige geleentheid onder die son en fokus op persoonlike aandag en details om te verseker dat die geleentheid onvergeetlik sal wees.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zuikerkop Country Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false