Hluhluwe Akkommodasie by Zululand Lodge | LekkeSlaap
+51

Zululand Lodge

Tentekamp
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: P476, langs die R22, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Zululand Lodge is 'n tente-kamp in privaat besit in die 800 hektaar uKuwela-bewarea in die hartjie van die Olifantkus in die noorde van KwaZulu-Natal. Dis naby die dorp Hluhluwe, die gewilde Hluhluwe-iMfolozi-park en die Wêrelderfenisgebied iSimangaliso-vleilandpark. Die lodge is gebou teen 'n helling met asemrowende uitsigte oor die Msinene-riviervallei en die omliggende bosveld.

Die ekovriendelike lodge het 9 stylvolle en suite-permatente met slaapplek vir 18 gaste. Die hooflodge is pragtig gemeubileer en bied 'n heerlike opelug-sitkamer waar gaste op die sagte kussings kan agteroorsit. Heerlike tuisgemaakte etes word in die ruim eetarea bedien. Bo is 'n uitkykdek waar gaste ononderbroke uitsigte oor die natuurskoon en lieflike sonsondergange saam met 'n skemerkelkie kan geniet.

Die lodge is ontwerp en gebou as 'n omgewingsvolhoubare projek. Dit het 'n sonkragstelsel met LED-beligting regdeur die kamp en is heeltemal onafhanklik van die netwerk. Reënwater word in tenks opgevang en gebruik vir skoonmaak, besproeiing en die klein watergat voor die lodge. Gryswater word behandel in 'n dubbelseptiese-tenkstelsel en ons bied slegs bio-afbreekbare seep vir badkamers. Die lodge se personeel is 90% van die plaaslike gemeenskap en daar is 'n interne opleidings- en ontwikkelingsprogram vir personeel.

Die begeleide bosvelduitstappies bied 'n geleentheid om die menigte voëls in die area, asook 'n kans om Njalas te sien. Die instansie spog ook met 'n luiperd-populasie en seekoei-trop.

Vir 'n Groot 5-ervaring kan gaste na enige van die reservate in die omtrent gaan wat verskeie opsies bied soos begeleide toere in 'n oop voertuig of 'n bootvaart op die St. Lucia-meer. Gaste kan ook gaan skuba-duik naby die ikoniese Sodwanabaai.

Zululand Lodge is die ideale basis vanwaar gaste die noordelike deel van KwaZulu-Natal kan verken. Gaste kan op daguitstappies gaan by enige van die volgende reservate, Hluhluwe-Imfolozi WIldreservaat, Mkhuze Wildreservaat, iSimangaliso Wetlandpark, Cape Vidal, St. Lucia-meer, Valsbaai, Zulu Croc Reptile Park, Ilala Weavers Hluhluwe, Sodwanabaai, Sibhayi-meer, Kosibaai, Thembe Olifant Reservaat en Ndumo Wildreservaat.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • P476, langs die R22, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: P476, langs die R22, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5ZTc0NGYwLWNlNTUtNDU1NS1hODJkLTU3M2JjODZiZDQ0MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (vir 2 persone) P476, off the R22 Hluhluwe 3960 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -27.899320779651 32.313201147152
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za