Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Troeteldiervriendelik

Wild, wilder, Wildekus: Bly by die Ocean View Hotel

Toe Ocean View Hotel se eienaar, Russel, die LekkeSlaap-span nooi om Koffiebaai aan die Wildekus te kom beleef, het ek nie teruggestaan nie ─ dit het net té belowend en opwindend geklink om mis te loop!  Ek en Adriëtte het gaan ondersoek instel om te sien wat daar als is om in Koffiebaai te doen […]

8 Troeteldiervriendelike wegbreke in die Oos-Kaap

Jou hond is jou beste vriend en jy kan jou nie indink om sonder Spottie met vakansie te gaan nie. Dis onmoontlik om hom of haar by die huis te los terwyl jy alte lekker op die strand gaan baljaar. Gelukkig hoef jy nie meer skuldig te voel nie ─ LekkeSlaap het ’n lys verblyf-opsies […]

Gesinsvriendelike Doendinge by die Gariepdam

Die Gariepdam is die mees sentrale punt in ons mooie land en dus ’n ideale oornagstop op pad na jou volgende bestemming. Met die Oviston Natuurreservaat, Gariepdam Natuurreservaat en volop wild sommer so aan die oewer van die dam, is dié omgewing meer as net ’n oornagstop werd. Die enorme mensgemaakte dam spog met ’n […]

8 Heerlike Houtvuur-warmbaddens in die Wes-Kaap

Verbeel jou ’n vuur word in jou plonspoel aangesteek ─ ja, jy het reg gehoor! Vergeet van gewone borrelbaddens, houtvuur-warmbaddens is vinnig besig om een van die mees gewilde en unieke geriewe by wegbreekplekke te word. Wie sou ooit kon droom dat water en vuur so goed saamwerk? LekkeSlaap het die Wes-Kaap deursoek vir ons […]

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]

Ontdek die Mooi van Matjiesvlei

As jy al in die Karoo gekuier het, weet jy as hy eers vatplek aan jou kry, laat hy nie sommer gaan nie. Dié geweste het diep in Jan en Marietjie, die eienaars van Matjiesvlei Cottages, se harte gekruip en daarom het hulle ’n lekker vakansieplek vir familie en vriende hiér begin soek. Hulle kom […]

10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers

Sukkel jy alewig om ’n blyplek te kry waar jou vierpotige kind óók welkom is? Het jy al ’n blyplek vir jou en jou troeteldier bespreek wat toe nie heeltemal troeteldiervriendelik was nie? LekkeSlaap weet hoe belangrik ons gaste se troeteldiere vir hulle is en ons help hulle graag om die beste troeteldiervriendelike blyplekke met […]

Woeker met jou Huisie op Wiele: 20 Kampeerplekke vir jou Karavaan

Het jy ’n huisie op wiele maar is raadop oor waar om kamp op te slaan? LekkeSlaap het by ’n paar van ons gunsteling-kampeerplekke gaan inloer sodat jy nie verder hoef te soek nie! Of jy nou die seebriesie wil voel, in die bosveld wil skuil, of oor die Karoo-vlaktes wil tuur ─ ons wys […]